Rykmanstert

Ek was op soek na 'n lekker tert om te maak vir die klomp by die werk vir my verjaarsdag, en was nie lus vir 'n lang gedoente wat nog gebak moes word nie, toe kom ek op hierdie maklike en vinnige koelkastert af! Dekadent en beslis sleg vir die dieët!

Lewer genoeg vulsel vir een middelslag tert


1 pakkie (80g) jelliepoeier (enige soort)
1 blik karamelkondensmelk (“Caramel Treat”)
40 g (125ml fyn klapper)
2 ml sout
Styf geklitste room
*kors (tennisbeskuitjies en gesmelte botter)


·         Maak die jelliepoeier aan volgens die aanwysings op die pakkie en laat dit eenkant staan totdat dit begin stol
·         Meng die kondensmelk en klapper en roer die jellie en sout by
·         Skep die mengsel in ‘n gaar tertkors en plaas in die koelkas om te stol
·         Versier met room (of gerasperde wit sjokolade)


*kors: meng 60ml gesmelte botter met die fyngemaakte tennisbeskuitjies (1 pak) en druk met ‘n metaallepel teen die rand en bodem van die bak vas en verkoel tot benodig

Nota: as jy haastig is, soos ek was, los maar die wag vir die jellie om te stol! Dit stol mos in elk geval in die yskas - ek het dit net oornag gelos om seker te maak dit stol behoorlik. En ek was lui, toe rasper ek wit sjokolade oor in plaas van geklitste room. 

Comments

Popular Posts