Melkkos vir 2

 'n Lekker ou Suid-Afrikaanse reseppie! My ma het altyd dit vir ons as kinders gemaak en die ander dag kry ek skielik so lus vir dit. Toe bring dit darem baie gelukkige herinneringe terug. So maklik en vinnig om te maak! 



BESTANDDELE

Genoeg spaghetti / tagliatelle vir twee mense - vooraf gekook en in kleiner stukke gesny (hou eers eenkant)

60 ml suiker

60 ml koekmeel

2 ml sout

550 ml melk

Fyn kaneel of kaneelsuiker

Botter


METODE

1. Meng droe bestanddele saam en hou eenkant.

2. Meng 50 ml van die melk by droe bestanddele tot dit 'n pasta vorm.

3. Giet die res van die melk in 'n potjie en laat kook. Roer 'n eetlepel of twee botter by.

4. Roer aangemaakte pasta by die melk en verlaag die hitte. 

5. Roer aanhoudend tot dit verdik en gaar is. 

6. Voeg die spaghetti by en roer tot dit deurwarm is. 

7. Skep op en sprinkel kaneel of kaneelsuiker bo-oor. 


Bedien dadelik en geniet! 

Comments

Popular Posts