Lewer genoeg
vulsel vir een middelslag tert
1 pakkie (80g)
jelliepoeier (enige soort)
1 blik
karamelkondensmelk (“Caramel Treat”)
40 g (125ml fyn
klapper)
2 ml sout
Styf geklitste
room
*kors
(tennisbeskuitjies en gesmelte botter)
·
Maak die jelliepoeier aan volgens die aanwysings op die
pakkie en laat dit eenkant staan totdat dit begin stol
·
Meng die kondensmelk en klapper en roer die jellie en
sout by
·
Skep die mengsel in ‘n gaar tertkors en plaas in die
koelkas om te stol
·
Versier met room (of gerasperde wit sjokolade)
*kors: meng 60ml gesmelte botter met die fyngemaakte
tennisbeskuitjies (1 pak) en druk met ‘n metaallepel teen die rand en bodem van
die bak vas en verkoel tot benodig
Nota: as jy haastig is, soos ek was, los maar die wag vir die jellie om te stol! Dit stol mos in elk geval in die yskas - ek het dit net oornag gelos om seker te maak dit stol behoorlik. En ek was lui, toe rasper ek wit sjokolade oor in plaas van geklitste room.