5
– 6 porsies
1
kg stowelamsvleis, middelmatig vet
1
groot ui, opgekap
15
ml (ongeveer) sout en peper na smaak
2,5
kg waterblommetjies, goed skoongemaak
‘n
handjievol suring (indien beskikbaar)
500
g aartappels, geskil en in kwarte gesny
Suurlemoen
Smoorbraai die vleis en ui met die
helfte van die sout en peper totdat dit bruin en sag is.
Voeg die waterblommetjies en suring by
die vleis en plaas die aartappels bo-op.
Voeg die res van die geurmiddels en 250
ml water by.
Laat dit stadig prut totdat die
waterblommetjies en aartappels sag is. Voeg meer water by indien nodig. Moenie
die bredie roer voordat dit opgedien word nie. Roer dit dan goed en sit dit
voor saam met rys en suurlemoen.
Hierdie gereg moet sterk met peper gegeur
word.
Skoonmaak van waterblommetjies:
Week die waterblommetjies oornag in soutwater en spoel
dit dan baie deeglik af. Maak die blommetjies en blare baie goed skoon deur
alle sand en ander vuilighede te verwyder. Verwyder ook die harde deeltjies van
die blomme of blaartjies.
No comments:
Post a Comment