Tannie Elize se Maaskaas Yskastert

Hierdie resep onthou ek van my kinderdae, my ma het dit baie vir ons gemaak en ek was so bly toe ek nou die dag die resep vind in een van haar ou resepteboeke. Dit was ongelooflik om dit weer na al die jare te eet, en om dit self te kon maak, en dit was presies soos ek dit onthou. Die resep is nog in "onse" en in die dae toe daar nog baie met Rama gebak is.....ek het dit so goed moontlik aangepas, en dit het perfek uitgekom! 





Foto deur Erol Ahmed by StockSnap



“1 ½ pakkie van 250g maaskaas”  (glad) (sien notas onder!)
1 k suiker
1 eier
250 g botter / margarine (RAMA) (sien notas onder!)
36 tennisbeskuitjies (1 pakkie?)
Paar glanskersies
1 t vanilla essence
Bietjie soetwyn (Sherry/Port/Hanepoot) 

  1. ·        Meng botter en suiker goed met houtlepel
  2. ·        Voeg eier by en roer deeglik
  3. ·        Voeg maaskaas by
  4. ·        Rangskik 3 rye beskuitjies van 6 elk in ‘n ry op ‘n groot stuk foelie
  5. ·        Sprinkel beskuitjies met soetwyn
  6. ·        Verdeel maaskaasmengsel in 2 dele
  7. ·        Smeer eerste deel egalig oor beskuitjies
  8. ·        Pak weer ‘n laag koekies bo-op, sprinkel met soetwyn en smeer res van maaskaasmengsel bo-oor
  9. ·        Sny kersies in skyfies en plaas in ‘n ry in middel af
  10. ·        Lig foelie op tot hande (weerskante) bo bymekaar kom
  11. ·        Druk kante mooi op
  12. ·        Sit altyd in vriesafdeling (dit moet gevries bly)



*    Resep vra “10 onse creamed maaskaas” (dus 250 g + 60 g)
*  Resep vra“8 onse Rama” (dus 250 g) – dink die resep is eintlik vir margarine bedoel?…..Ek gebruik glad nie margarine nie en het botter gebruik. 

Comments

Popular Posts